Franz Kafka | |
---|---|
Franz Kafka, omstreeks 1906 | |
Gebore | 3 Julie 1883 |
Sterf | 3 Junie 1924 (op 40) |
Nasionaliteit | Oostenryk-Hongarye Tsjeggo-Slowakye |
Beroep | Romanskrywer, kortverhaalskrywer, versekeringsbeampte |
Bekend vir | Die Verwandlung Der Process Das Urteil Das Schloss Betrachtung Ein Hungerkünstler Briefe an Felice |
Ouer(s) | Hermann Kafka Julie Kafka (née Löwy) |
Handtekening | |
Franz Kafka (* 3 Julie 1883 in Praag, destyds Oostenryk-Hongarye; † 3 Junie 1924 in Kierling naby Klosterneuburg, Oostenryk; selde Tsjeggies František Kafka) was 'n Duitstalige skrywer. Sy hoofwerke sluit naas drie romans en romanfragmente (Der Prozess, Das Schloss en Amerika) 'n groot aantal verhale asook sy briefwisseling met Felice Bauer en Milena Jesenská in.
Kafka se werke is merendeels eers ná sy dood en teen sy uitgesproke wil deur sy intieme vriend, kollega en biograaf Max Brod gepubliseer en het blywende invloed op die 20ste eeuse wêreldliteratuur uitgeoefen.